Chevrolet Cruze

Chevrolet Cruze
Oorsig
Vervaardiger Chevrolet (General Motors)
Ook genoem Holden Cruze
Produksie 2008–huidig
Montering Australië: Elizabeth (Holden)
Brasilië: São Paulo
China: Shenyang, Liaoning (Shanghai GM)
Indië: Halol, Gujarat (GM India)
Kasakstan: Ust-Kamenogorsk
Rusland: Sint Petersburg
Suid-Korea: Gunsan, Jeonbuk (GM Korea)
Thailand: Rayong
VSA: Lordstown, Ohio
Viëtnam: Hanoi (GM Viëtnam)
Ontwerper David Lyon
Bakwerk en onderstel
Klas Kompakte motor
Bakstyl 4-deur sedan
5-deur luikrug
5-deur stasiewa
Uitleg Voorenjin, voorwielaandrywing
Platform GM Delta II platform
Plek in geskiedenis
Voorganger Chevrolet Cobalt
Daewoo Lacetti
Variante Opel Astra

Die Chevrolet Cruze is 'n kompakte motor wat sedert 2008 deur die Chevrolet-afdeling van die Amerikaanse vervaardiger General Motors (GM) vervaardig word. Die naamplaat is voorheen in Japan gebruik vir 'n weergawe van 'n subkompakte luikrug geproduseer onder 'n gesamentlike onderneming met Suzuki tussen 2001 en 2008 en gebaseer op die Suzuki Ignis.

Sedert 2008 het die Cruze naamplaat behoort aan 'n wêreldwye ontwikkelde, ontwerpte en vervaardigde vierdeursedan aangevul deur 'n vyfdeur luikrugvariant in 2011, en 'n stasiewa in 2012. Gekenteken as die Holden Cruze in Australasië en die Daewoo Lacetti Premiere (2008-2011) in Suid-Korea, het die nuwe geslag model nie as 'n plaasvervanger gedien vir sy Suzuki-afgeleide voorganger nie. In plaas daarvan, het dit twee ander kompakte modelle vervang: die Daewoo Lacetti wat wêreldwyd onder verskillende name verkoop is, en die Noord-Amerikaanse spesifieke Chevrolet Cobalt.

Holden Cruze (JG) CD sedan
Holden Cruze (JH) Equipe luikrug
Chevrolet Cruze LTZ wa

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy